My Reg op Lewe

Ek het in Julie 2011 begin om die EERSTE vergrype van ons konstitusionele regte te probeer teenstaan nl. “Right to Life” soos vervat in Skedule 2 Seksie 11, deur ‘n klagte in te dien by die MRK.

My voorneme was om die nuwe VBW 60 van 2000 as onkonstitusioneel te laat verklaar en daardeur elke burger die reg terug te gee om hulle eie veiligheid te kan bewerkstellig.

Sederdien het ek aangeklop by die DA, AGRISA, JASA, Solidariteit, SAPD (2 X Generaals), Konstitutionele Hof, Genocide Watch, Boerevryheid, Boereleed, VF+, afgetrede advokate, Gun Owners SA, twee eienaars van sekuriteitsmaatskappye, ens om die saak te laat stel teen die Wet wat indruis teen menigte konstitusionele regte.

Ek kry elke keer dieselfde ontwyking. Dit blyk dat die regslui nie ‘n vinger sal verroer indien daar nie ‘n gelykwaardige EIS ingestel kan word waaruit hulle kan geld maak nie.

Tog het ons hierdie week gehoor dat COSATU en die DA die Konstitusionele Hof gaan nader ivm die nuwe Vryheid van Spraak wetgewing itv Art 80.

Aangeheg vind verskeie korrespondensie om ‘n idee te kry van hoe min ondersteuning daar is vir jou Reg op Lewe.

Ek is oortuig daarvan dat indien hierdie saak suksesvol beveg word in die Konstitusionele Hof dit verskeie goeie nagevolge tot gevolg sal he oa.

· Menses al hulself weer regmatig kan verdedig teen die oormag.

· Die agterbakse optredes van die ANC met nuwe wetgewing sal ‘n knou toegedien word.

· Onregmatige vergrype van die SAPD sal hok geslaan word.

· Onregmatige betreding van mense se eiendom en skending van hulle privaatheid onder valse voorwendsels staak.

· Burgers sal regop sit en besef dat hulle die Grondwet wel kan gebruik en dit weer betekenis gee.

· Die organisasie/regslui wat hierdie saak suksesvol kan deurvoer sal internasionale erkenning ontvang wat hulle nie anders sal kan koop nie.

· Alle hangende eise teen die staat vir die reg tot eiendom sal meer steun en sukses geniet.

Hierdie saak is meer omvattend as al die eise en litigasie van indiwidue wat vir vergoeding eis en sal meer regkry vir die huidige en toekomstige regte van burgers. Die saak moet voor die Konstitusionele Hof verskyn en nie enige ander hof nie, aangesien dit direk handel oor skending/bedreiging van die konstitusie.

Vir aanhangels kontak my - myregoplewe@vodamail.co.za

Sign Petition
Sign Petition
You have JavaScript disabled. Without it, our site might not function properly.

Privacy Policy

By signing, you accept Care2's Terms of Service.
You can unsub at any time here.

Having problems signing this? Let us know.