Geen Genade vir die Moordenaars van Anthony Erasmus.

PLEASE SIGN THIS PETITION TO MAKE SURE THEY DO NOT GET BAIL.

’n Ma en haar kêrel wat van die moord op haar kleuterseuntjie verdink word, het Dinsdag vlugtig in die hof verskyn nadat hulle gister, net ná die kind se begrafnis, by die Brits-polisiekantoor aangemeld het.


Anthony Erasmus

Cindy-Lee Jansen (25) en Marco Barnard (29) bly in aanhouding totdat hulle by hul volgende verskyning op 23 November waarskynlik 'n borgaansoek sal bring. 

Die twee word onder meer daarvan verdink dat hulle Anthony Erasmus (5) aangerand en onder meer met sigarette op sy rug en geslagsdele gebrand het. Hulle sal vandag in die Brits-landdroshof verskyn. 

Jansen kom oorspronklik van Klerksdorp af en woon saam met Barnard in die Casa de Vliet-oord naby Hartbeespoort. 

Pieter-Jan van der Merwe, die oordbestuurder, wou nie kommentaar lewer oor die voorval nie. 

Die seuntjie, die middelste van drie kinders, is glo op 6 November dood. 

Beeld kon nie bevestig of Jansen voorheen getroud was nie. Anthony se biologiese pa, Werner Erasmus, is glo van Klerksdorp.

Sonja Erasmus van Orkney, die kind se ouma aan vaderskant, het Sondagaand by navraag volgehou die ma is onskuldig en dat dit gerugte is wat (oor haar skoondogter) versprei word. Volgens haar was die ma “gebroke” oor die kind se dood. Gister, ná die begrafnis, wou die ouma egter nie weer met Beeld praat nie.

Die polisie het bevestig ’n moordklag word ondersoek. “Die lykskouing wys sy lyf was vol kneusplekke, hy het kopbeserings gehad en dit lyk of hy moontlik teen ’n muur gegooi is. Albei verdagtes het by die polisiekantoor aangemeld en is daar in hegtenis geneem,’’ het kapt. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, gister gesê.

Die hofverrigtinge sal na verwagting vandag vir sewe dae uitgestel word vir nadere ondersoek. 

Die DA het aangedui dat hulle by die volgende hofverskyning sal betoog en daarop sal aandring dat borgtog teengestaan word.

PLEASE SIGN THIS PETITION TO MAKE SURE THEY DO NOT GET BAIL.

petitie tekenen
petitie tekenen
Je hebt JavaScript uitgeschakeld. Hierdoor werkt onze website misschien niet goed.

privacybeleid

Door te tekenen accepteer je de servicevoorwaarden van Care2
U kunt uw e-mail abonnementen op elk gewenst moment beheren.

Lukt het niet om dit te tekenen? Laat het ons weten..