Uitstalling van sekere standbeelde in Stellenbosch

This page has closed, but the petition continues at http://www.thepetitionsite.com/747/342/896/uitstalling-van-sekere-standbeelde-in-stellenbosch-2/

Ons is lief vir ons dorp, trots op sy kulturele rykdom en waardeer die uitstalling van baie van die kunswerke wat ons strate versier.  Ons staan die onlangse vandalisme van sommige van die beelde ten strengste teen. Tog is ons ongelukkig oor die voortdurende tentoonstelling van sekere beelde wat vir die gewone oog liewer na onooglike drogbeelde as kunswerke lyk. Ons voel dat die Stellenboschse publiek nie in aanmerking geneem is met die keuse van kunswerke nie en vind sulke beelde onaanvaarbaar, vir veral gesinne met kinders wat geen keuse gelaat word as om daarna te moet kyk wanneer ons daar verbystap nie. Die negatiewe ervaring is nie net beperk tot kinders nie, maar impak ook die studente en volwasse publiek. Ons voel dat sulke kunswerke liewer in kunsgallerye hoort waar mense 'n keuse het om te besluit of hulle daarna wil kyk of nie. Ander naakbeelde met blootstelling van genitalieë, wat in die dorp en op die kampus ten toon gestel is, behoort nie op 'n oop terrein uitgestal te word nie, en ons vra dat sulke beelde in die toekoms nie oorweeg sal word vir openbare uitstalling nie. 

Ons, die ondergetekendes, vra dat spesifiek die naakte, verwronge half-mens half-dier beelde op die Braak en die Rooi Plein, genaamd Male Trans-Figure I en Male Trans-Figure II asseblief onmiddellik van die publieke platform verwyder word, en dat die publiek in die toekoms eers genader word voordat verdere uitstallings beplan word.

Baie dankie vir U kennisname van die petisie.

Sign Petition
Sign Petition
You have JavaScript disabled. Without it, our site might not function properly.

Privacy Policy

By signing, you accept Care2's Terms of Service.
You can unsub at any time here.

Having problems signing this? Let us know.